

Profetiese Kreatiewe Kamp
Eerstens wil ek se dat jy gladnie kunstig hoef te wees om die kamp by te woon nie en dat dit vir mans en dames is. As jy in die kreatiewe tyd net wil gaan stap, of in die Woord besig wil wees of net ‘n klip wil verf, is dit goed. Dit gaan daaroor dat jy moet stil raak en hoor wat Abba Vader vir jou wil se.
Dit is Vader se hart om die kuns terug te vat vir Sy Koninkryk sodat Hy daardeur verheerlik kan word. Die herstel van die kreatiwiteit in totaliteit in Sy kinders. Ons ervaar dat gehoorsaamheid belangriker is as kwalifikasies, en dat ons moet eet van die boom van die Lewe i.p.v die boom van kennis en sodoende die oorspronklike kreatiwiteit in Sy kinders navore te bring. Ek wil ook wel beklemtoon dat jou kunswerk slegs die voertuig is wat Vader gebruik om jou in volheid by HOM uit te bring, en dan kan die boodskap visueel oorgedra word aan andere. Jou kunswerk kan weer saad saai in iemand anders se lewe. Ek wil dit net beklemtoon dat dit nie vir ons gaan om getalle nie, maar daar waar Vader die deur oopmaak al is dit vir net ‘n paar persone. Gehoorsaamheid om in my roeping te beweeg is vir my noodsaaklik, sodat Vader verheerlik mag word.

Mannekamp
Dis so belangrik dat die manne van vandag moet besef dat hulle moet opstaan as Priester, Profeet en Koning van sy huis. Hy moet soveel verantwoordelikheid dra en raak soms moeg langs die pad. Hierdie kamp is om die manne opnuut weer te bemoedig om die elke dag se dinge te kan hanteer.
- 18h00 Vrydag - 12h00 Sondag
- Abseiling & Go-carts
- Aanbieder: Petrus Mundey
- Nagmaal in die Grot
- Geleentheid vir Groot Doop

Pa & Seun Kamp
Die verhouding tussen pa en seun is baie belangrik. Op hierdie kampe word die band net hegter of as daar geen band was nie, kan Abba Vader dit kom herstel. Hier sal jy uitvind wat is die verskil tussen ‘n erflating en ‘n erfenis. Pa en seun het baie “fun” saam. Van go-cars ry, kettieskiet, quads ry ens. Jy leer jou kind uit ‘n ander perspektief sien en besef ook wat jou verantwoordlikheid as pa is en as seun.
- 18h00 Vrydag - 12h00 Sondag
- Go-carts, Quads & Kettie-skiet
- Nagmaal in die Grot
- Geleentheid vir Groot Doop

Ma & Dogter Kamp
Ma en dogter le mekaar baie na aan die hart. Soms kom daar misverstande, of is daar botsende persoonlikhede. Op hierdie kamp leer ma en dogter om mekaar opnuut te ontdek. Abba Vader wil he ons verhoudings moet herstel word. By die kamp sal daar ook kreatiwiteit wees die Saterdag wat voorsien sal word.
- 18h00 Vrydag - 12h00 Sondag
- Nagmaal in die Grot
- Geleentheid vir Groot Doop

